Ode aan die herfs

Die herfs is hier. Soos elke jaar hierdie tyd, is die olyfbome oortrek met ovaal vruggies. In die kelder skuif die fokus van die pars en verwerking van druiwe na die olywe waaruit ons die 2024-oesjaar se olyfolies sal voortbring.  

Olive harvest on Babylonstoren farm Franschhoek South Africa

In die tuin is ons besig om granate en persimmons in oorvloed te oes, terwyl die kwepers begin ryp word daar waar hulle soos pragtige goue versierings in die lae heinings sit. Ons plant nou boerboontjies, wortelgroente en groen blaargroente wat in die kouer maande geoes sal word. 

Hierdie tyd van die jaar is die sonsondergange nóg mooier as gewoonlik – teen skemeraand lyk die wolklose gesigseinder soos ’n ware impressionistiese skildery. Dis nou tyd vir ’n rustiger pas, vir diep asemhaal en lang wandelings deur die tuin.

Bolandse risotto 

’n Dekade van risottorys! Die eerste carnarolisaadjies is in Oktober 2014 geplant en ons kyk met trots terug oor die afgelope tien jaar waarin ons die rysland met baie liefde – en nog veel meer water – vertroetel het. Jaar na jaar het dit vir ’n indrukwekkende rysoes gesorg. Elke gerf word steeds met die hand geoes en gedors om die korreltjies – ook bekend as die kaviaar van rys – voort te bring. Verlede jaar het ons eie oes vir by die 100 borde risotto in Babel Restaurant gesorg. 

Bespreek in April by Babel Restaurant en kom proe self die romerige, luukse perfeksie. As jy geïnspireerd voel om jou eie risotto te maak, volg Babel se hoofsjef, Schalk Vlok, se wenke hier.

 

Loofahs  

Ons is saam met Elzé Bresler en haar span opgewonde oor die heel eerste oes vadoekplant-sponse, beter bekend as loofahs. Wie sou kon dink dat dié spons van ’n koddige komkommersoort – Luffa aegyptiaca – afkomstig is? Op Babylonstoren heg ons groot waarde aan selfsorg en aan volhoubaarheid, en dis presies wat in hierdie funksionele komkommer byeengebring word.  

“Die plante gedy in ons tonnels. Hulle groei so vinnig en, anders as ander komkommers, is hulle van nature plaagbestand. Ons laat die sponse aan die plant sit om te droog, wat natuurlik heelwat spasie en tyd in beslag neem. Wanneer dit heeltemal droog is, trek ons die bruin skil af en skud die sade uit. En dan is dit gereed om gesny en gebruik te word.” 

Elzé Bresler, Babylonstoren-tonnelekspert 

Beskikbaar op die plaas of aanlyn by shop.babylonstoren.com, met gratis aflewering landwyd. 

Babylonstoren Farm Hotel Franschhoek South Africa

Heerlike herfsdrome 

Maak die beste van die langnaweke en die langer herfsnagte deur by Babylonstoren se Plaashotel te kom oornag. Ons is onlangs bekroon as Luxe Hotel van die Jaar vir 2024. 

Hotelgaste kan hulself heeltemal in die plaaservaring begewe. Daar is soveel om te doen – die vroegoggendtoer na die waterbuffels, ’n luilekker middagete by Babel Restaurant, of ’n besoek aan die Tuinspa. Hier kan mens die stadiger dae behoorlik absorbeer en die asemrowende uitsig oor Simonsberg uit die spa se verhitte swembad bewonder. 

Aan die einde van die dag is daar die vooruitsig om te ontspan in ’n lekkerruikbad, en om daarna tussen die vars wit lakens in te skuif en heerlike herfsdrome te droom. Dis ook een van die beste tye van die jaar vir die laatmiddagrit teen Simonsberg se hange. By die uitkykpunt kan gaste terugsit met ’n glasie in die hand en die allermooiste sonsondergang bewonder. 

As jy in April bespreek en van ons winteraanbod gebruik maak, kan jy vir vier nagte oorbly en slegs vir drie betaal. 

Plaaswerkswinkels in April

3 April 2024 – Sketching in Babylonstoren’s garden  

4 April 2024 – Risotto 101: a delicious celebration of Italy’s most famous rice dish 

5 April 2024 – Everything’s better with butter: make butter & bake buttermilk rusks 

10 April 2024 & 17 April 2024 – Explore the world of Babylonstoren’s olives 

10 April 2024 & 17 April 2024 – Explore the world of Babylonstoren’s olives

12 April 2024 – Leathercraft: an introduction to whipmaking 

18 April 2024 – All about eggs: from coop to table 

19 April 2024 – Bake your own: teatime treats with choux pastry & almond flour 

23 April 2024 – Craft your own homemade soaps 

24 April 2024 – Capture the season’s scents with fragrant herbs 

26 April 2024 – Distillation: make your own mampoer!

Bespreek hier.